Die vakbond Solidariteit sê dit sal werk om onderwysers te beskerm na die ondertekening van die omstrede Bela-Wet.
Die vakbond sê die bedreiging wat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette vir onderwysers en skole inhou is groot.
Die uitvoerende bestuurder van Solidariteit, Dirk Hermann, sê die vakbond se Onderwysernetwerk sal veg vir elke onderwyser en sal die wet tot in die hoogste hof beveg sou president Cyril Ramaphosa dit Vrydag onderteken.