Die vakbond Solidariteit sê hy het gister ʼn opbouende gesprek met die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, gevoer.
Die fokus van die gesprek was nie net die land se reuse kragkrisis nie, maar ook op moontlike oplossings hiervoor.
Die vakbond het gesê dit is deel van sy verbintenis om te kritiseer wanneer nodig, en ook om konstruktief deel te neem om probleme op te los, waar nodig en moontlik.
Solidariteit het ‘n blitsverslag oor die elektrisiteitskrisis, met toepaslike internasionale gevallestudies, asook aksiepunte vir die volgende vyf jaar, aan die minister oorhandig.
Die ontmoeting is skynbaar goed deur die minister ontvang, met sprake van opvolggesprekke en nouer toekomstige samewerking rakende die land se voortslepende energiekrisis.