Die vakbond Solidariteit het gister in die parlement skerp kritiek oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, alom bekend as die Bela-wetsontwerp, gelewer.

Volgens Solidariteit sal hierdie wysigingswetsontwerp tot gevolg hê dat skoolbeheerliggame van hul regte gestroop word en kan dit byvoorbeeld tot gevolg hê dat ʼn skool se onderrigtaal verander word.

Die hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, Connie Mulder, het gesê dit hou veral potensieel-ingrypende gevolge vir Afrikaanse skole in.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig doktor Theuns Eloff, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, het ook sy kommer uitgespreek.

Die wetsontwerp poog onder meer om die mag van skoolbeheerliggame om toelatings- en taalbeleid te bepaal, te verwyder.

Volgens Eloff kan dié wetsontwerp ‘n doodskoot vir Afrikaans in talle skole wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×