Die vakbond Solidariteit is bekommerd oor die voorgestelde wysigingswetsontwerp op diensbillikheid.

Die vakbond sê die nuwe wet sal aan die minister van Arbeid en Indiensneming die mag gee om ekonomiese sektore streng volgens self bepaalde transformasieteikens te bestuur.

Die wysigingswetsontwerp op diensbillikheid is reeds deur die Nasionale Raad van Provinsies sowel as die Nasionale Vergadering goedgekeur en sal waarskynlik binnekort deur die president gepromulgeer word.

Die hoof van Solidariteit se navorsingsinstituut, Connie Mulder, sê die regering moet eerder daarop fokus om werkloosheid in die land aan te spreek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×