Die vakbond Solidariteit was die eerste organisasie om regstappe teen die regering te doen na president Cyril Ramaphosa se onlangse afkondiging van ʼn nasionale ramptoestand weens Suid-Afrika se kragkrisis.

Die vakbond se dringende aansoek sal op 14 Maart in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word.

Die uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, het gesê die hofsaak sal deurslaggewend wees vir die toekoms van demokrasie in die land.

Hy meen indien die ramptoestand aanhou geld, word die risiko geloop dat Suid-Afrika onder die vaandel van ʼn ramp-demokrasie regeer kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×