Die vakbond Solidariteit sê Suid-Afrika beleef tans die effek van beurtkrag en vervalle infrastruktuur weens die regering se onvermoë en gebrek aan wilskrag om sy eie instellings in stand te hou.  Afgesien daarvan sukkel die regering om die stygende en peperduur loonrekening van die openbare sektor te bekostig.  Die vakbond sê belastinggeld moet gebruik word om die land se infrastruktuur in stand te hou en nie grootliks vir salarisse nie.  Suid-Afrikaners dra tans die las vir oortollige staatsamptenare.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×