Die vakbondfederasie COSATU sê hy is uiters teleurgesteld met die verhoging in rentekoerse.  Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het gister ‘n verhoging van 75 basispunte in die repokoers aangekondig.  Die verhoging is verwag ná die toename in inflasie wat vroeër die week deur Statistieke Suid-Afrika aangekondig is.  COSATU se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die verhoging in rentekoerse sal verwoestend wees vir werkers en die ekonomie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×