Die vakbondfederasie, FEDUSA, het president Cyril Ramphosa gevra om vanjaar aan werkers ‘n bykomende openbare vakansiedag toe te staan.

Die federasie het gesê dít omdat Kersdag vanjaar op ‘n Sondag val en deur Welwillendheidsdag gevolg word.

FEDUSA het gesê werkers sal dan een openbare vakansiedag minder hê, omdat die Maandag na Kersdag ‘n openbare vakansiedag sou gewees het, maar nou as Welwillendheidsdag gevier sal word.

Die vakbond se adjunk-sekretaris-generaal, Ashley Benjamin, het gesê werkers het die reg om vanjaar hul volle 12 openbare vakansiedae te kry.

Suid-Afrika se aantal openbare vakansiedae vergelyk goed met dié van die res van die wêreld se gemiddeld.

Myanmar het met 32 vakansiedae die meeste openbare vakansiedae ter wêreld, terwyl die Nederlande en Mexico die minste het met elk agt per jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×