Die vakverbond Cosatu verwelkom die afskaffing van die Covid-19 regulasies, maar meen mense moet steeds maskers dra, al word hulle nie verplig nie. Dokter Joe Phaahla, minister van gesondheid het Woensdagaand in die Staatskoerant regulasies oor die dra van maskers binnenshuis, die inentingstatus van mense wat die land binnekom en beperkings op die omvang van byeenkomste herroep. Netwerk24 berig voorts Die DA, die VF Plus en Solidariteit meen almal die stap moes eintlik lankal gedoen word. Matthew Parks, parlementêre koordineerder van Cosatu, het egter Donderdag gesê hulle verwelkom al die besluite, behalwe dié oor die dra van maskers. Volgens hom is daar gewys dat maskers lewens red en dit benadeel nie die ekonomie nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×