Die Valke het tot dusver 29 mense in hegtenis geneem, na aanleiding van die aanbevelings van die Zondo-kommissie oor staatskaping.

Dit sluit die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, en sy medebeskuldigde, Jehan Mackay, in wat gister in die hof verskyn het.

Kodwa het intussen gister ook aangedui dat hy uit sy pos bedank.

Hy het na bewering tussen 2015 en 2018 meer as een-komma-sesmiljoen rand se terugbetalings van Mackay namens sy maatskappy, E.O.H Holdings, ontvang.

Die Valke se woordvoerder, brigadier Thandi Mbambo, sê Kodwa en Mackay word weer op 23 Julie in die hof verwag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×