In die voorgesette strafsaak teen bedrogbeskuldigde Moeketsie Ntshasa het die Bloemfonteinse batebeslagleggingseenheid saam met die Vrystaatse Valke het ‘n beslagleggingsbevel verkry.
Die bevel is van ‘n eiendom ter waarde van twee-komma-nege miljoen rand. Slagoffers het gedurende 2018 tot 2021 hul geld in Ntshasa se maatskappy, Integrated Investment Incorporated, belê.
Hulle is ‘n rente-opbrengs van 10 persent binne ‘n tydperk van dertig dae belowe. Volgens die Valke-woordvoerder, Christopher Singo, het die slagoffers nooit hul geld ontvang nie.
LUISTER HIER: