Die Valke in Welkom het ‘n soek-en-beslaglegging-operasie uitgevoer oor beweerde bedrog by die Mafube-brandweer.

Volgens ‘n polisieverklaring het die brandweer se hoof in 2018 glo opdrag gegee dat voertuie na Pro Voertuig in Sasolburg geneem word vir herstelwerk, en dat die vlootkaart gebruik word om te betaal.

Dit is teen munisipale beleid, wat bepaal dat vlootkaarte slegs in noodgevalle met toestemming gebruik mag word.

Voertuie is dikwels onklaar teruggestuur, en die bestuurder het glo daagliks R10 000 met die kaart betaal totdat volle bedrae vereffen is.

Dokumente is in beslag geneem vir verdere ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!