Die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, het gister besluit om nie voort te gaan met die saak teen die sosiale media persoonlikheid wat homself na bewering as iemand genaamd, dokter Matthew Lani, voorgedoen het nie.

Die NVG sê hy het nie voldoende bewyse om ‘n sterk saak teen die beskuldigde te voer nie.

Sekuriteitsbeamptes het die man Saterdag by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg aangekeer.

Hy het homself glo as mediese dokter voorgedoen, ten einde toegang tot die hospitaalkompleks te verkry.

Die beskuldigde het na bewering mediese advies gegee en hom op sosiale media as ‘n mediese dokter voorgedoen.

NVG-woordvoerder, Phindi Mjonondwane, sê die Valke sal die saak verder ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×