Die eienaar van Radius Sales Merchandising, Antonio Richard Macdonald, het in die Bloemfonteinse Landdroshof op aanklagte van bedrog en geldwassery verskyn.

Volgens ’n polisieverklaring volg dit nadat hy vroeër Maandag 27 Januarie 2025 in hegtenis geneem is.

Hy het glo namens sy beweerde werknemers ’n aansoek om die Covid-19 Tydelike Werknemershulpprogram by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) ingedien, en dit is goedgekeur.

Na bewering het Macdonald tussen Maart 2020 en Junie 2021 tien betalings van byna R1,1 miljoen vanaf die WVF ontvang.

’n Interne ondersoek het aan die lig gebring drie van sy werknemers was moontlik onwettig in Suid-Afrika.

Macdonald is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die saak is tot 10 Maart uitgestel en word na die Streekhof oorgedra. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×