Die Valke swyg oor beweerde bewysstukke wat oudspioenbaas Arthur Fraser ingedien het oor die strafregtelike klag wat hy teen president Cyril Ramaphosa ingedien het.

The Star het Vrydag berig Fraser het glo stemnotas, videos, foto’s en e-posse as bewyse ingedien om te bewys Ramaphosa probeer die diefstal by sy Phala Phala-wildplaas toesmeer.

Die Valke sê egter hulle kan nie die inligting bevestig nie omdat hulle nie kommentaar op die ondersoeke lewer nie.

Netwerk24 sê daar is wel bevestig dat Fraser Woensdag met ondersoekbeamptes van die Valke ontmoet het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×