Die Valke waarsku motoriste én rylopers, oor die gavare wanneer mense rygeleenthede gee of soek. Netwerk24 meld volgens die Valke-woordvoerder, luitenant-kolonel Tebogo Thebe, is voorvalle aan die toeneem waartydens rylopers wat deur motoriste opgelaai word, die motoriste met vuurwapens aanhou.

Mense word dan onder meer gedwing om geld by kitsbanke te onttrek, of om hulle wagwoorde vir aanlyn-bankdienste aan die misdadigers te verskaf.

Dan is daar ook diegene wat rylopers met voorbedagte rade ‘n rygeleentheid aanbied, en hulle dan beroof. Hy sê hierdie soort misdaad neem veral gedurende die feestyd
toe. Hy raai aan dat vriende en familie in groepe na vakansiebestemmings reis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×