Al is dit een vir een, sal die Valke aanhou om dwelmhandelaars uit die gemeenskap te verwyder. So sê generaal-majoor Mokgadi Bokaba, hoof van die Vrystaatste Valke, nadat een van die provinsie se grootste dwelmsmouse nou agter tralies sit.

Aldus Bokaba is dwelmhandel in sy span se vissier om gemeenskappe veiliger te maak. Hy sê dit is veral die jeug wat teen dwelmhandelaars beskerm moet word. Dit is die enigste manier om te verhoed dat dwelmverslawing die toekoms van jongmense verwoes.

Okwudili Nwabo, ook bekend as CJ, is gister in die Bethlehem-landdroshof tot 8 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is vroëer skuldig bevind op aanklagte van dwelmhandel en korrupsie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×