Die Veelpartyhandves vir Suid-Afrika bied vandag ‘n gesamentlike mediakonferensie in KwaZulu-Natal aan om planne te verskaf om basiese dienste deur middel van hoë-gehalte infrastruktuur te lewer. Die handves sê Suid-Afrika se regering het versuim om dienste te verskaf omdat infrastruktuur verwaarloos is eerder as om dit te prioritiseer.

Die handves het beklemtoon dat die verskaffing van basiese dienste noodsaaklik is vir maatskaplike welstand en ekonomiese ontwikkeling. Dit is ook die fundamentele verantwoordelikheid van ‘n demokratiese regering. Die Veelpraty Handves het ten doel om ‘n duidelike plan te verskaf om infrastruktuur wat ineengestort het, aan te spreek en om te verseker dat dienste doeltreffend gelewer kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×