Die verandering van Brandfort se naam na Winnie Mandela het gemengde reaksie onder inwoners ontlok

Die verandering van Brandfort in die Vrystaat se naam na Winnie Mandela het gemengde reaksie onder inwoners ontlok.

Sommige inwoners is opgewonde oor die naamverandering en sê dit sal toerisme na die dorp lok, terwyl ander sê dit sal niks verander aan die gebrekkige dienslewering in die gebied nie.

In sekere dele van Brandfort word daar nog van emmertoilette gebruik.

Een inwoner sê die dorp se infrastruktuur en dienste moet eerder verbeter word.

Intussen sê die ANC in die Vrystaat alle nodige regsprosesse is gevolg om die naam te verander.

Luister na potgooie hieronder