Die Raad vir Verbruikersgoedere is ingespan om die dood van ses Soweto-kinders in ‘n vermoedelike voedselvergiftigingsaak te ondersoek.
Eye Witness News berig hulle is verlede week in Naledi oorlede, nadat hulle glo versnaperinge geëet het wat by ‘n spaza-winkel gekoop is.
Vyf van die kinders is Sondag ter ruste gelê, en die sesde kind is dieselfde dag in die hospitaal oorlede. Volgens Panyaza Lesufi, die premier van Gauteng, moet die vervaardigers van hierdie produkte geidentifiseer word.
Hy het ook die verbruikersraad gevra om onmiddellik met ‘n verhoor te begin en het forensiese spanne opdrag gegee om hul bevindings te bespoedig.