Die Vereniging van Staatsamptenare, of VSA, is ook krities teenoor die regering se voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering, of NGV. Die vakbond verteenwoordig meer as 235-duisend staatsdienswerkers. Dit sluit ʼn groot getal medici en verpleegkundiges in. Die vakbond het gister skerp kritiek gelewer oor hoe die regering beplan om die stelsel in werking te stel. Die vakbond is bekommerd oor die impak van die NGV op gehaltediens met genoegsame voorraad, veilige en skoon gesondheidsfasiliteite en genoegsame personeel.
