Die verhoor van 18 beskuldigdes wat vroeër in vier provinsies vasgetrek is, weens beweerde bedrog met die registrasie van voertuie, sal na verwagting in Desember begin.

Netwerk24 berig luidens die klagstaat van 69 bladsye, staan hulle in die streekhof in Bloemfontein tereg op 54 aanklagte van onder meer korrupsie, bedrog, samesweirng om korrupsie te pleeg en vervalsing.

Nie almal staan op al die aanklagte tereg nie.

Die 18 aangeklaagdes is in November 2020 ná ‘n maandelange ondersoek vasgetrek.

Dit het gekom nadat die Valke inligting ontvang het oor ‘n sindikaat wat na bewering by die Lengau-toets-en- verkeersentrum bedrywig was.

Die staat beweer die aangeklaagdes het voertuie onwettig geregistreer en het skynbaar padwaardigheidsertifikate uitgereik, sonder dat die voertuie getoets is.

Hulle het in ruil hiervoor na bewering omkoopgeld van duisende rand aanvaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×