Die verhoor van die agt beskuldigdes in die opspraakwekkende sluipmoord op die Bloemfonteinse sakeman Louis Siemens sal eers volgende week plaasvind

Die verhoor van die agt beskuldigdes in die opspraakwekkende sluipmoord op die Bloemfonteinse sakeman Louis Siemens sal eers volgende week plaasvind.
Netwerk24 berig die verhoor van die agt, wat verdink word van die moord op die 54-jarige Siemens in 2018 in die stad, is gister in die Vrystaatse hooggeregshof uitgestel omdat van die een betrokkenes by die verhoor in selfisolasie weens die koronavirus is.
Siemens was die besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in die Prellerplein-sentrum.
Die beskuldigdes is Stanley Bakili, die vermeende baasbrein agter die moord, konst. Molebatsi John Mogoera, ’n speurder van die Bayswater-polisiekantoor, konst. Kagisho Ishmael Chabane, ’n hofordonnans van die landdroshof in Bloemfontein, Jali Molosi, en Clive Tshivenga, ’n soldaat wat vroeër aan die 44 Valskermbataljon in Bloemfontein verbonde was. Almal is in aanhouding.

Luister na potgooie hieronder