Die nasionale en provinsiale verkiesing moet aanstaande jaar tussen Mei en Augustus plaasvind. Omdat die Grondwet ‘n speling van sowat drie maande bied, sal president Cyril Ramaphosa, wat die datum moet aankondig, ʼn moeilike besluit hê om te neem aangesien hy nie net politieke faktore in ag moet neem nie, maar ook faktore soos beurtkrag. Ramaphosa sal nie ‘n datum kies wat die ANC in die voet skiet nie, want die ANC wil die verkiesing wen, het dr Ntsikelelo Breakfast, politieke ontleder van die Nelson Mandela Universiteit aan Netwerk 24 gesê. Breakfast het gesê die verkiesing kan moontlik in Augustus eerder as Mei gehou word omdat beurtkrag dalk mettertyd sal verbeter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×