Die Verkiesingskommissie het bevestig dat hy dit sal oorweeg om plaaslike regeringsverkiesings met ander verkiesings saam te voeg

Die Verkiesingskommissie het bevestig dat hy dit sal oorweeg om ‘n voorstel deur die EFF te bespreek om plaaslike regeringsverkiesings met provinsiale en nasionale verkiesings saam te voeg.

Die hoofkiesbeampte, Sy Mamabolo het by ‘n mediakonferensie in Pretoria gesê dat die EFF die kommissie genader het om te vra dat vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing tot 2024 uitgestel word.

Volgens Mamabolo is die voorstel egter nog nie volledig nie bespreek nie.

Luister na potgooie hieronder