Die Verkiesingskommissie het erken dat hy nog nie die hulpbronne het om sy verantwoordelikhede ingevolge die nuwe wet op die befondsing van politieke partye kan nakom nie

 Die Verkiesingskommissie het erken dat hy nog nie die nodige hulpbronne het om te verseker, dat hy sy verantwoordelikhede ingevolge die nuwe wet op die befondsing van politieke partye, kan nakom nie. Diè nuwe wetgewing – wat in April in werking tree – het ten doel om groter deursigtigheid te gee oor die individue en maatskappye wat politieke partye befonds. Die kommissie het wel die versekering gegee dat die eerste verslag oor politieke befondsing voor die plaaslike regeringsverkiesing beskikbaar sal wees. Die plaaslike regeringsverkiesing sal na verwagting tussen September en November vanjaar plaasvind. 

Luister na potgooie hieronder