Die Verkiesingskommissie sal na berigte môre ‘n aankondiging doen oor die program vir die komende plaaslike regeringsverkiesings

Die Verkiesingskommissie sal na berigte môre ‘n aankondiging doen oor die program vir die komende plaaslike regeringsverkiesings. Dit nadat die Grondwethof beslis het dat die verkiesing voortgaan soos voorheen bepaal. Die aanvanklike datum was 27 Oktober maar die Verkiesingkommissie het gevra dat die verkiesings uitgestel word tot Februarie aanstaande jaar as gevolg van die Covid-19 pandemie. Die Hof het Vrydag beslis dat die verkiesings voor 1 November moet plaasvind. Die hof het die OVK ook beveel om binne drie dae vas te stel of dit prakties moontlik sal wees om voor die verkiesings ‘n kieserregistrasie-naweek te hou. Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, Casac, het intussen ook die hofbeslissing verwelkom. 

 

Luister na potgooie hieronder