Die verkragter Nicholis Ninow se aansoek vir verlof tot appèl toegestaan

Die Appèlhof in Bloemfontein het die sogenaamde Dros verkragter Nicholas Ninow se aansoek vir verlof tot appèl toegestaan.  Die aktivistegroep, Not in My Name, het skerp uitgevaar teen die appèl. Hy is vroeër lewenslange gevangenisstraf opgedien nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n sewe-jarige meisie. Die verkragting he na wat berig word in September 2018 in die kleedkamer van die Dros restourant in Silverton in Pretoria gebeur. Die aktivistegroep sê die appèl beteken dat die meisie en haar familie opnuut getraumatiseer gaan word. Die groep sê Ninow het skuld erken en hy moet nou sy skuld aan die gemeenskap terugbetaal.

Luister na potgooie hieronder