Eskom sê alhoewel hulle noemenswaardige vordering in hul opwekkingsherstelpogings gemaak het, het hulle die verlies van vyf opwekkingseenhede voor spitstyd in die gesig gestaar.

Gevolglik was Fase 2-beurtkrag vanaf Woensdagaand tot Donderdag 5:00 ingestel.

Luidens ‘n boodskap op sosiale media gaan Eskom voort om beplande instandhouding te prioritiseer om sodoende te verseker dat hulle stelsels versterk en betroubaar voor die wintermaande is.

In die lig van die voortdurende stelselbeperkings het Eskom ‘n beroep op die publiek gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×