Die 21-jarige man wie daarvan verdink word dat hy op 29 Julie ‘n brand by ‘n skool op Smithfield gestig het, kan dalk met nog vier brandstigtingsvoorvalle verbind word.
Volgens Netwerk24 het die polisie bevestig die verdagte is in hegtenis geneem, nadat skoolklere, sowel as ander vermoedelik gesteelde goedere, in sy besit gevind is.
Hy het einde verlede week in die hof verskyn op onder meer aanklagte van brandstigting, huisbraak en diefstal.
Hy verskyn weer oormôre in die hof, wanneer hy na verwagting om borgtog aansoek sal doen.