Die vermeende kringleier van ‘n sindikaat wat glo hekmotors in Bloemfontein steel, is weer vas nadat hy onlangs uit die tronk gelaat is. Herman Lombaard van National Crime Assist het gesê die vermoede dat die diefstal van hekmotors sou toeneem nadat die verdagte uit die tronk gelaat is, was korrek. Die verdagte het egter wéér sy rieme styfgeloop toe hy vroeër die week na ‘n hekmotordiefstal in hegtenis geneem is. Lombaard het die publiek gemaan om nie hekmotors op straat te koop nie. Hy het gesê deur gesteelde goedere te koop, maak mense hulself ook aan die oortreding van die Wet skuldig. Lombaard het Bloemsec vir flinke optrede wat tot die inhegtenisneming gelei het, bedank.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×