Die 16-jarige ma wat haar pasgebore baba in ʼn hospitaal in Bloemfontein agter gelaat het, is gevind.
Die babaseuntjie is in ʼn leë saal gevind toe ʼn maatskaplike werker die middag haar rondtes doen.
Na ‘n ondersoek is gevind dat die ma nog dieselfde oggend aan die baba geboorte gegee het voor haar verdwyning.
LEES MEER: Polisie soek 16-jarige wat baba by Bloem-hospitaal agter laat
Die Mangaung-polisie was ontbied wat dan ʼn saak van kinderverwaarlosing geopen het wat vêrdere ondersoek sal word. Kaptein Loraine Earle het aan Rosestad-nuus Woensdagoggend, in die insetsel Die Blou Lig, bevestig dat die 16-jarige ma opgespoor is met behulp van die gemeenskap en inligting wat op sosiale media gedeel was.
ʼn Maatskaplike werker is betrokke om die kind veilig te hou.
LUISTER OOK: