Die vermiste agt-jarige meisietjie van Bloemspruit, Mpho Kapotsa, ook bekend as Bokamoso, is gevind. Die polisie se woordvoerder, kapt Loraine Earl, sê die meisietjie het na skool huis toe gegaan, maar die huis was gesluit.
Sy het toe na ‘n familielid se huis gestap en daar met twee vriende gespeel. Die drie kinders het by die tante se huis geslaap. ‘n Lid van die gemeenskap het die kind opgemerk en haar teruggeneem huis toe. Earl sê die polisie doen weer ‘n beroep op die gemeenskap om ‘n vermiste kind dadelik by die polisie aan te meld.