Hester Flemming en haar ma, Cecilia Johanna, wat sedert Vrydag vermis word, se liggame is in ‘n oopgroefmyn in Eikenhof, suid van Johannesburg, gevind.

Netwerk24 berig hulle is Vrydagaand op hul hoewe in Eikenhof aangeval en ontvoer. Die ma en dogter is die volgende oggend as vermis aangemeld.

Private speurder Mike Bolhuis se taakspan, saam met verskeie ander veiligheidsmaatskappye en gemeenskapsforums, het onverpoosd saam met die polisie gewerk om die vermistes op te spoor. Soek-en-reddingspanne het lank gesukkel om die liggame te herwin.

The Citizen berig een man is in hegtenis geneem nadat hy met besittings wat aan die vroue behoort het, betrap is. Nog drie mans word ondervra. Gautengse polisiewoordvoerder Luitenant-Kolonel Mavela Masondo sê nog drie mans is vir ondervraging oor die huisroof-, ontvoerings- en motordiefstalsaak ingeneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×