Die vermoorde dominee Liezel de Jager se man, Werner de Jager, sal vandag weer in die landdroshof in Amanzimtoti verskyn. Hy sal vandag ʼn formele borgtogaansoek bring nadat hy twee weke gelede in Bloemfontein in hegtenis geneem is in verband met die moord op sy vrou in 2021. Intussen is dominee de Jager se familie verlig dat daar vordering in die saak gemaak is. Die familie het luidens berigte aangedui dat hulle nie enige van die hofsittings nou gaan bywoon nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×