Die moordbeskuldigde Werner de Jager sal na verwagting vandag hoor of die landdroshof in Amanzimtoti borgtog aan hom gaan toestaan.

Hy is in November verlede jaar in verband met die moord op sy vrou, ds. Liezel de Jager, in hegtenis geneem.

Netwerk24 berig dit sal vandag De Jager se sewende hofverskyning wees nadat hy in Bloemfontein deur die polisie se eenheid vir onopgeloste sake aangekeer is.

Tientalle mense sal na verwagting buite die hof betoog om te vra dat De Jager nie borgtog kry nie.

De Jager (45) staan tereg op aanklagte van moord met voorbedagte rade. Hy staan ook tereg op twee aanklagte van bedrog.

Liezel is in Oktober 2021 in die oprit van die pastorie in Amanzimtoti oorrompel en verwurg pas nadat sy van haar oggenddrafsessie saam met vriende teruggekeer het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×