Die vernoeming van Brandfort na Winnie Mandela is nog nie gedane sake nie

Volgens opposisiepartye is die nuwe naam van Brandfort nog nie amptelik nie, en het die gemeenskap nog 30 dae om beswaar daarteen aan te teken.

Heloise Denner, VF Plus-LP, het aan Netwerk 24 gese, die feit dat die naam ingevolge artikel 10(2) van die wet op die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name verander is, nie beteken dat die verandering finaal is nie.

Die naamsverandering van Brandfort na Winnie Mandela-dorp is op 6 Augustus in die Staatskoerant afgekondig.

Ook George Michalakis, DA-LP, verantwoordelik vir veiligheid en sekerheid in die Nasionale Raad vir Provinsies, het bevestig dat ‘n openbare deelname-proses eers moet plaasvind, en sover sy kennis strek, het dit nog nie gebeur nie.

Luister na potgooie hieronder