Die veroordeelde moordenaar, en sogenaamde Facebook-verkragter, Thabo Bester gaan vandag weer ‘n aanlyn-verskyning in die hof maak.
Bester word in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria aangehou, en verskyn skynbaar virtueel om veiligheidskwessies te vermy wat moontlik met sy vervoer na Bloemfontein sou kon ontstaan.
Die ander agt beskuldigdes, wat Bester se vriendin, Nandipha Magudumana insluit, sal in die vlees in die landdroshof in Bloemfontein wees.
Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle Bester gehelp het om in 2022 uit die Mangaung-maksimumtronk te ontsnap.
Intussen berig eNCA dat voormalige werknemers van die Mangaung-gevangenis protes-optrede beplan, om beweerde korrupsie in die geledere
van die tronk se korrektiewe personeel aan die kaak te stel.