Die verslag van die ondersoek na die beweerde wanbestuur en wanadministrasie van Tankiso Mea is nog nie aan die raad gelewer nie

Die verslag van die ondersoek na die beweerde wanbestuur en wanadministrasie van Tankiso Mea, voorlopig geskorste stadsbestuurder van die Mangaung Metro in Bloemfontein, is steeds nie aan die raad gelewer nie.

Netwerk24 berig Molefi Morake, waarnemende uitvoerende burgemeester het Woensdag gesê die finale verslag is aan hom gelewer en hy sal dit indien sodra die speaker weer ‘n raadsvergadering roep.

Intussen het DA-koukus leier, Hardie Viviers, gesê volgens nasionale wetgewing moes die finale verslag reeds binne 30 dae afgehandel gewees het.

Viviers het verder gesê met die uitstel wat aan die ondersoekers gegun is, was die versper datum 11 Junie.

Intussen betaal belastingbetalers steeds Mea se R3,3-miljoen jaarlikse salaris terwyl hy geskors is hangende dié ondersoek se verslag.

Luister na potgooie hieronder