Die minister van verdediging, Thandi Modise, sal moet sê waarom daar nog nie opgetree is teen soldate van die Suid-Afrikaanse weermag wat hulle moontlik aan ’n
oorlogsmisdaad in Mosambiek skuldig gemaak het nie.

In ʼn gru-video wat tans op sosiale media die ronde doen, kan gesien word hoe Suid-Afrikaanse soldate teenwoordig is waar lyke op ’n brandende hoop gegooi word.

Die soldate kan uitgeken word aan die Suid-Afrikaanse weermag-uniform.

Maroela Media berig voorts die voorval het volgens inligting moontlik in November 2022 in Mosambiek plaasgevind waar Suid-Afrikaanse soldate ontplooi is.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê die minister sal moet vasstel waarom dié voorval, wat vermoedelik maande gelede reeds plaasgevind het, nou eers onder die weermag se aandag kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×