Die ouditeur-generaal (OG) sê amptenare van die departement van vervoer het die verkeerde masjien geïnspekteer, voordat hulle ‘n tender van byna ‘n halfmiljard rand afgeteken het vir ‘n toestel om bestuurderslisensies te druk.

Luidens Eyewitness News sê die OG ook dat die departement in die toekenning van die tender glo ook talle verkrygingsprosesse vertontagsaam het.

Tydens ‘n besoek aan die Franse tegnologie maatskappy, IDEMIA, het amptenare nie die masjien geïnspekteer wat die maatskappy oorspronklik vir die druk van bestuurslisensies voorgestel het nie, en die OG sê hulle kon ook nie ‘n voldoende antwoord verskaf oor hoekom hulle dit gedoen het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×