Die vervolging van Bathabile Dlamini word wyd verwelkom

Die besluit van die direkteur van openbare vervolging, OV, om voort te gaan met die vervolging van Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, en huidige president van die ANC se vroueliga, word verwelkom.

Dlamini is in die spervuur oor die aflê van vals getuienis of meineed.

Volgens Nicole Fritz, uitvoerende direkteur van die drukgroep Freedom Under Law, is die vervolging ‘n belangrike stap om aanspreeklikheid in die voortslepende krisis rondom maatskaplike toelaes te verseker.

Dlamini word daarvan beskuldig, dat sy in 2017 misluk het in haar verantwoordelikheid om te verseker dat Sassa behoorlik in staat was om die betaling van toelae oor te neem.

Sy is van mening dat sy onnodig as die “sondebok” in die debakel uitgemaak word.

En berig is pas ontvang, dat Dlamini in ‘n hospitaal opgeneem is, nadat sy Covid-19 opgedoen het.

Luister na potgooie hieronder