Die verwagte brandstofprysverhogings sal hierdie week in werking tree.
News24 berig dat petrol, beide 93 en 95, van Woensdag 5 Februarie 2025 af met 82c per liter duurder is, terwyl diesel met tussen R1.01 en R1.05 per liter styg.
Paraffien styg met 96c per liter.
Volgens die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne het Brent-olie die afgelope maand met byna $5 gestyg.
Daar was ook hoër aanvraag weens koue weer in die Noordelike Halfrond, en China se ekonomiese beleid het bygedra.
Intussen het die rand met 62 sent teenoor die dollar verswak, deels weens politieke onsekerheid en verwagtinge oor Amerikaanse rentekoerse.