Die veteraan-radio-omroeper, Evelyn Martin, is Vrydagaand in die ouderdom van 93 in die aftreeoord in Johannesburg waar sy gewoon het, oorlede.

Netwerk24 berig Martin het in 1950 ‘n bekende stem op die destydse LM Radio geword toe sy op die ouderdom van 21 as omroeper begin werk het.

Met die sluiting van LM, het sy in 1974 by Springbok-radio aangesluit, waar sy tot 1985 gewerk het.

Sy word deur haar seun oorleef.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×