Mits hy met appèl hierteen slaag, kan Zuma se ANC-lidmaatskap van meer as 64 jaar beëindig word. News24 berig ná maande se gesloer sal die ANC uiteindelik daartoe oorgaan om Zuma te skors, nadat hy die MK Party eers gesteun het, en daarna die party se president geword het.
Luidens ’n gelekte dokument bevind die ANC hom juis in sy huidige posisie, weens Zuma se handelinge. Snuki Zikalala, ANC-veteraneliga-president, sê aan Newzroom Afrika Zuma moes al lankal die trekpas kry.