Die VF Plus beskryf die Departement van Onderwys se toekomsplanne vir Seksuele Oriëntasie, Geslagsidentiteit, Geslagsuitdrukking en Sekskenmerke as ideologies eensydig.
Dit is nadat die departement sy planne bekend gemaak het om geslagsinsluiting in skole te implementeer.
Die departement het gesê die konsepriglyne vir dié planne sal ná konsultasie met interne belanghebbendes aan die party beskikbaar gestel word.
Die VF Plus se dokter Wynand Boshoff sê hulle het egter intussen ‘n afskrif van die riglyne bekom.
Boshoff het gesê in dié dokumente voorsien die departement ’n land waar geslag nie bestaan nie.
Rostestad 100.6FM-nuus het vroeër berig die Menseregtekommissie het met betrekking to genderneutrale kleedkamers gesê hy steun inisiatiewe wat diversiteit en inklusiwiteit in skole bevorder.