Die VF Plus vra dat die minister van Justisie en die Nasionale Vervolgingsgesag verduidelik waarom daar gesloer word met ʼn klag van haatspraak wat die VF Plus reeds in Julie verlede jaar teen die EFF-leier, Julius Malema, ingedien het.
Die leier van die VF Plus, doktor Pieter Groenewald, sê die minister van Polisie, Bheki Cele, het bevestig dat die polisie se ondersoek verlede jaar reeds afgehandel is en die dossier aan die NVG oorhandig is. Dit hou verband met die EFF se tiende verjaardagvieringe waar Malema die lied Kill the Boer, Kill the Farmer sing en ook sê Shoot to kill. Groenewald sê sy party hoop nie dat die komende verkiesing enige rol in hierdie besluitloosheid speel nie.