Die VF Plus het die regering dringend gevra om teen die EFF op te tree rakende die party se pogings om rassekonflik in Suid-Afrika te veroorsaak

Die Vryheidsfront Plus het die regering dringend gevra om teen die EFF op te tree rakende die party se pogings om, soos die VF-Plus dit stel, rassekonflik in Suid-Afrika te veroorsaak.

Dié oproep deur die VF Plus-leier, Pieter Groenewald, volg op ‘n voorval vanoggend by die Brackenfell-hoërskool by Kaapstad oor ‘n private geleentheid wat ‘n aantal ouers by die skool vir ‘n groep matrieks gereël het.

Groenewald sê die regering se versuim om teen die EFF op te tree skep die indruk dat die ANC die EFF se optrede goedkeur.

Groenewald sê dit is veral ironies dat die EFF as morele waghond wil speel oor die Afrikaner, terwyl hy geen geheim maak van sy wrewel jeens boere, witmense en Afrikaans nie.

Luister na potgooie hieronder