Die VF-plus het die tweede plaasaanval in een week in die Vrystaat streng veroordeel

 Die VF-plus het die tweede plaasaanval in een week in die Vrystaat streng veroordeel

Die VF-plus het die tweede plaasaanval in een week in die Vrystaat streng veroordeel.

Japie van den Berg is vroeër op sy plaas Hillbrow op Vierfontein aangeval.

‘n Familielid van Van den Berg is onlangs wreedaardig aangeval op ‘n plaas naby Wesselsbron deur ‘n persoon wat op borgtog was.

Sover bekend is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Die VF-plus sê die uitroepe na landelike beveiliging val op dowe ore en sê dat behoorlike strafmaatreëls in plek gestel moet word.