Die VF-Plus het hom uitgespreek oor die nuwe minimum loon tariewe wat bekendgemaak is.  Volgens Maroela Media het diè party gesê dat die 6,9% styging die reeds rampspoedige werkloosheidskoers net verder laat styg.  Heloise Denner van die VF-Plus sê billike vergoeding vir werk gelewer moet ‘n gegewe wees, maar voorskriftelike en vasgestelde arbeidswetgewing smoor die privaatsektor en klein sake-ondernemings.  Denner het verder gesê waar werkgewers nie meer die vasgestelde tarief kan bekostig nie gaan hulle genoop wees om werkers af te las, wat gaan lei tot meer werkloosheid en probleme soos misdaad gaan bly toeneem.  

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×